Select Page

alter ego

VIDEOS

Nuutste Videos

wie is ons

Ons is ‘n tweeling broers wat saam diep lirieke skryf en word geinspireer deur swaar moderne instrumentasie om ‘n kragtige boodskap oor te dra.

In ‘n sterk sportsgedrewe huis begin ons albei eers op 12 jarige ouderdom klavier speel. Ons het werklik meer op ons eie komposisies gefokus as om die voorgeskrewe Unisa musiekstukke te oefen. Ons besef vandag dat ons waarskynlik ons musiekonderwyserresse se lewens baie moeilik gemaak het.

 Ons het reg deur ons hoerskool loopbaan gepoog om ‘n balans tussen sport en musiek te handhaaf. Motorsport was nog altyd een van ons groot passies. Ons neem tot op hede steeds deel aan nasionale motorsport.

Na jare se klasieke klavier en ‘n Unisa graad 7 besluit ons op 18 jarige ouderdom om ‘n stem by die klavier te sit. Komposisie moontlikhede verander toe drasties. Die groei proses van liedjies skryf tot waar ons ons vandag in die ‘studio’ bevind om ‘n finale produk te bou, is ‘n veel langer en moeliker pad as wat ons vooraf besef het.